Alle grappies op n stokkie
want jakkals trou met wolf se vrou
Hy is hoog aan
Hy ken nie A voor B nie
Maar soos hulle se elke huis het sy kruis.
Hy ry aandskof by Sarie
Hy slaan die waarheid in die gesig
en so is hy laer as slangkak se skaduwee op die seebodem
Hy tap gedurig alwyn
Maar soos hulle se elke huis het sy kruis.
Ja… mense met glas huise, moenie klippe gooi nie
Daar moet nog baie water deur die see loop
voor Marie vir Kosie doop
Maar Andries skrik nie vir koue pampoen nie
En hy besef al te goed dat elke huis het sy kruis.
Ja nee die liefde was soos vinkel en koljander
Maar soos kat en hond agter geslote deure.

